OP DIE SPOOR VAN DIE GROTES - KNYSNA WOUD
KNYSNA INHEEMSE WOUD
Die misterie, romantiek én tragedie van die geliefde Knysnabos leef voort in Dalene Matthee se wêreldbekende bosromans van die 1980’s. In haar verhale kry die mense van die “oerbos” weer lewe — hulle drome, stryd, eenvoudige leefwyse en hul liefde vir die woud.
Volg die spoor van die grotes onder die eeue oue reuse wat bo die woud uittroon. Ontmoet die legendariese houtkappers, goudsoekers, ivoorjagters, George Rex, Prins Alfred — en die laaste geheimsinnige Grootvoete (olifante) wat nog skuil tussen die varings in die onderbos.
Om in die Knysnabos te stap en daar te oornag is ’n ervaring wat jou siel sal aanraak. Ons deel dit graag met jou — die fluistering van die woud, die stories van die mense, en die opregte plattelandse gasvryheid van ons gashere en -vroue langs die pad.
Hierdie reis beloof om jou te stimuleer, te inspireer en te verander — ’n ware sielstog deur die hart van die woud.
Jy hoef nie ’n atleet te wees nie; met net ’n klein bietjie uithouvermoë en ’n vonkie avontuurlustigheid sal hierdie ervaring jou lank bybly.
🌿 Daag jouself uit.
🌿 Stap saam op die pad van die grotes.
🌿Ontdek die siel van die Knysna Woud.
🌿Kom trap jou eie spore in die bos.
Nege dae - 90km - In die hart van die Knysna Woud.
Aanpasbaar volgens u eie voorkeur: Aantal dae en datums.
Belangrike besonderhede
• Datum: 22 Maart - 30 Maart 2027
• Vertrekpunt: Harkerville
• Ligging: Knysna Inheemse Woud, Knysna, Tuinroete, Wes-Kaap
• Vereiste fiksheid: Matig – ’n gemaklike pas word gehandhaaf
Bespreek sommer vandag jou plek en beleef ’n reis wat jou sal inspireer en jou sal help om jou lewenspad sinvol verder te stap.
Alles ingesluit vir jou gemak
• Verblyf, alle etes en toegangsfooie
• Bagasie word vervoer – jy stap lig.
• Gereelde verversings en rusplekke.
KNYSNA WOUD
Voltooi asb. die vorm vir navrae en besprekings.