OP DIE SPOOR VAN DIE GROTES
Stap saam waar ons die spoor van die grotes volg: Meestal stap ons saam met die grotes figuurlik terug in tyd, maar soms volg ons letterlik die spoor van die grotes in die Knysnawoud.
Hierdie staptogte is verrykend op soveel terreine van jou menswees.
Elke roete kombineer besondere natuurskoon met die stories van die groot name wat deur al die jare steeds bly voortleef. Langs die pad geniet ons die beste wat die omgewing bied.
Waar orals is die spoor van hierdie grotes? Dit begin langs die strande van die Suid-Kaap, loop oor die Outeniekwaberg, kronkel tot diep in die valleie van die Groot Swartberg, en volg voetpaaie onder die oeroue bome van die Knysnawoud.
Matige fiksheid is genoeg om die staproetes te volg. Bagasie word elke dag vervoer. Verblyf wissel van gastehuise tot ‘n tent in die woud. Alle kostes is ingesluit.
Die Klein Karoo Camino – ‘n Reistog vir jou siel.