Suzuki Stappers_WEB


SUZUKI GROOT STAP

Teen die voetheuwels van die Groot-Swartberge, langs die Grobbelaarsrivier, is die altydgroen Schoemanshoek. Van vêr af sigbaar is die kerktoring van die NG Kerk Kangovalleie met sy besondere Bybelse Tuin. Die Swartberge en sy Spitskop hou getrou wag oor die landskap en sy unieke mense..
Hierdie is die geliefde wêreld van CJ Langenhoven en sy onvergeetlike karakters - vroutjie, Herrie die olifant, ou dowe Bartel en ook Loeloeraai, 'n besoeker uit die buitenste ruim.
Op die eerste Saterdag van September vind die Lenteloop plaas ten bate van NG Kerk Kangovalleie en Helpende Hand Wes-Kaapstreek. Die stil grondpad van Oudtshoorn na Schoemanshoek kronkel vir 15km verby landerye, volstruise en olyfboorde. Sluit by ons aan vir ‘n viering van die Lente en geniet die beste wat die Klein Karoo bied.



Die afstande strek vanaf 5km, 15km tot 30km. Dit is egte Suzuki Jimny wêreld hierdie. Die Jimny kan elke afraand, opdraand en stofpad kafdraf - kom doen dit saam met jou hele gesin.

Die GROOT STAP  ter viering van die LENTE.  Doen dit - net vir jouself.

Daar is iets vir almal – sien meer besonderhede hieronder:

SUZUKI GROOT STAP INLIGTING

SUZUKI GROOT STAP

Voltooi asb. die vorm vir navrae en besprekings.
Suzuki_Fronx_WEB