OP DIE SPOOR VAN DIE GROTES

Knysna Kaart_02
KNYSNA INHEEMSE WOUD
Die misterie en romantiek maar ook tragedie van haar geliefde Knysnabos is in die 1980’s deur Dalene Mathhee in wêreldbekende bosromans verewig. In haar boeke het die verhale van die inwoners van die “oerbos” lewe gekry.
Die spoor van die Knysnabos se grotes begin by die eeue-oue reuse wat bo die bos uittroon. Daar is die spore van legendariese houtkappers, soekers na goud,  ivoorjagters, George Rex en ook Prins Alfred. Ons volg die spoor van die laaste van die geheimsinnige Knysna olifante.
Om in die Knysnabos te stap en te oornag is ‘n sonderlinge ervaring wat jou vir altyd sal bybly. Ons deel dit graag met jou. 
Ondervind die opregte plattelandse gasvryheid van ons gashere- en vroue op jou pad. Beleef eerstehands die stories van die mense van die Knysna Woud. Hierdie reistog beloof om jou te stimuleer, te inspireer en om ‘n ware sielstog te wees.
Jy hoef nie besonder fiks te wees nie, maar met ‘n goeie skoot uithouvermoë en 'n klein bietjie avontuurlustigheid sal hierdie ervaring jou lank bybly.
Daag jouself uit en onderneem jou eie sielstog in die Knysna Woud.

Die Klein Karoo Camino – ‘n Reistog vir jou siel.

Sewe dae  -  Te voet deur die Knysna Woud.

Aanpasbaar volgens u eie voorkeur: Aantal dae, datums en totale afstand.

Op die spoor van die grotes - Knysna Woud

Voltooi asb. die vorm vir navrae en besprekings.
Olifant Geraamte